Skip to main content

Laerskool Fochville

ADVERTEER | ADVERTISE

Ons is opgewonde om ’n eksklusiewe geleentheid aan u besigheid te bied om sigbaarheid te verkry terwyl u Fochville Laerskool en ons plaaslike gemeenskap ondersteun. Vir slegs R2,500 per jaar kan u maatskappy se naambord op ons grensheining aangebring word, waar u besigheid daagliks deur ouers en besoekers gesien sal word.

Adverteer by Laerskool Fochville

Wat ons bied

  • Naambord op Grensheining: U maatskappy se naam en advertensie sal prominent op die skool se grensheining vertoon word.
  • Aanlyn Blootstelling: U onderneming ontvang ’n toegewyde advertensie op ons skoolwebblad, insluitend ’n skakel na u webwerf of Facebook-blad, vir groter aanlyn sigbaarheid.

Vereistes vir die naambord

  • Die fisiese bord moet deur ’n verskaffer van u keuse voorsien word.
  • Aanbevole afmetings: 2000mm (lengte) × 1225mm (wydte).
  • Die koste van die bord is uitgelsuit van die jaarlikse advertensie fooi soos genoem.

Waarom deelneem?

Fondse wat deur hierdie inisiatief ingesamel word, dra direk by tot die onderhoud en verbetering van die skool. U ondersteuning bevorder nie net u besigheid nie, maar maak ook ’n tasbare verskil aan die skool se infrastruktuur.

ADVERTEERDERS | ADVERTISERS