Laerskool Fochville

AKADEMIES | ACADEMICS

Wiskunde Olimpiade Distrik Rondte

If you love maths, maths will love you back!

Die top 3 presteerders per graad neem aan die Departement se Olimpiade deel. Laerskool Fochville is trots om 5 leerders te hê wat deurdring na die Distrik Rondte van 2025. Ons skool ontvang die eer om deur die Gauteng Wes Departement van Onderwys se Wiskunde “Official” me. Zaheda Sooliman gekies te word om haar laaste Olimpiade voor haar aftrede by ons te hou – ‘n veer in ons skool se hoed as gevolg van die goeie naam wat Laerskool Fochville by die Departement dra. Woensdag 21 Mei word ‘n spog-geleentheid gehou waar ons vir 150 leerders en 60 personeel akkomodeer. Die saal word Wiskundig versier met ‘n koffie-stasie vir die besoekende personeel, asook ‘n tafel vir die 3 “Officials” met bederfies. Katryn se snoepie gaan ook vir die besoekende Gauteng Wes skole ‘n mini-snoepie aanhou om die nodige aan leerders wat iets benodig, te kan verskaf. Me. Zaheda het ons reeds bedank dat ons dit so spesiaal en uitsonderlik maak. Elke deelnemer en personeellid, asook die “Officials” sal ‘n spesiale verwelkomings- en motiveringskaartjie met ‘n lekker ontvang om elkeen spesiaal te laat voel.

Baie dankie aan al die betrokke personeel en me. Dippenaar wat die dag moontlik maak en gehelp het.

Ons wens ons 5 deelnemers sterkte toe!

Graad 4: Sias Burger & Herman Hugo
Graad 5: Zander van Staden
Graad 6: Lian du Plessis & Casey Smit

Die belangrikste om te onthou is altyd dat elkeen se beste altyd genoeg is! JY KAN!

Marilise Berry (Wiskunde Voorsitter)