By Laerskool Fochville poog ons daarin om die balans te kry tussen maksimum stimulasie, prestasie en ontwikkeling, sonder om onnodige druk op leerlinge te plaas. Daar is slegs een aspek van skool waaroor ons geensins kan onderhandel nie en dit is akademie.
Ons mag egter nooit vergeet dat ‘n skool kindgedrewe moet wees en kinders se belange altyd eerste gestel moet word nie. Kinders moet gemotiveer word om deel te wees van ‘n groter en kompeterende samelewing sonder om die kind, in die primêre skool, se reg om nog “kind” te wees, van hom af weg te neem.
Daarom moet ons as onderwysers en u as ouer, ons kinders leer hoe om tyd te bestuur en sy/haar dag te beplan. In ‘n aktiewe kind se lewe vandag is daar al hoe minder tyd om net kind te wees.