Uit die kantoor
Laerskool Fochville
Waar elke kind saak maak en waar elke onderwyser besef dat geen kind dieselfde is nie.
Ons besef dat elke leerder uniek volgens die beeld van God geskape is, en dus moet elke leerder op ‘n unieke manier hanteer word.
Ons doel is om seker te maak dat elke leerder die beste weergawe van hom/haarself is, of dit nou op akademiese, kulturele of sport gebied is.
Ons streef voortdurend na hoër hoogtes en beter kompetisie, so bring ons die beste navore in elke persoon betrokke.
Verder besef Laerskool Fochville ook dat leerders nie net hier is vir akademie nie, en probeer ons ook waardes en selfrespek kweek. Juis om hierdie rede word elke dag ook gevul met lewenslesse, en nie net tale en wiskunde nie.
Laerskool Fochville mag dalk net die regte fondasie wees vir leerders op hul pad na hoërskool, maar dit is verseker die BESTE pad vir ‘n kind op die pad van die lewe.
Fochies groei akademies, emosioneel, geestelik en in elke gawe wat hul van God ontvang het.
Pieter Odendaal – Head of Department
By Laerskool Fochville streef ons om realistiese doelwitte te stel vir elke leerder. Onderwysers maak ‘n verskil in kinders se lewens. Daar word gestreef om kwaliteit opvoeding aan leerders te verskaf. Onderwysers maak ‘n verskil omdat hulle passievol is vir dit wat hulle doen.
Voortdurende ontwikkeling vind plaas by die skool wat tot die voordeel is van elke kind. Ons spog met ‘n kleuterskool wat in 2005 geopen is en elke jaar groei.
Laerskool Fochville is ‘n ideale plek vir kinders om kind te wees, om in totaliteit hulself te ontwikkel. Ons bied geleenthede aan leerders om hulself voorteberei vir die tegnologiese wêreld daar buite.
Ons glo in elke kind. Ouers en onderwysers bou saam om die kind in sy totaliteit te ontwikkel. Op akademiese gebied bied ons ‘n verskeidenheid geleenthede waaraan die kinders kan deel neem bv. Olimpiade. Laerskool Fochville handaaf ‘n hoë akademiese standard.
Ontwikkeling op kultuurgebied vind ook plaas. Daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite waaraan hulle kan deelneem. Hierdie aktiwiteite word op ‘n hoë standard aangebied. Verskillende denkwyse word ontwikkel om goeie denkers te wees.
Op sportgebied neem leerders deel – sommige ontwikkel vaardighede, ander neem deel op ‘n hoër vlak, selfs provinsiale deelname. ‘n Verskeidinheid sportsoorte word aangebied en strek oor die hele jaar.
Laerskool Fochville het ‘n nasorg, hierdie is ‘n veilige hawe vir kinders, sodat ouers gerus werk toe kan gaan en weet dat leerders in ‘n kindervriendelike area is.
Laerskool Fochville – die skool wat meer bied as net opvoeding !
Ursula Dippenaar – Onderhoof