Skaak

Junior Skaak

Maandae ‘n hoogtepunt vir 25 ywerige spelertjies. Ons leer al die skaakstukke en skuiwe ken op ‘n speel-speel manier.  Dit is nie net pret nie, maar ook  ‘n goeie stimulant vir ons kognitiewe ontwikkeling.  Skaak word geklassifiseer as ‘n sport, maar dit vereis geen fisiese krag nie.

Dit betrek en ontwikkel baie fasette van jou brein en leer jou om doelgerig te dink en te  speel.  Dit is so maklik om al die 32 skaakstukke se name te ken, maar sjoe, ons agter die skaakbord inskuif en die spel begin, is dit ‘n ander storie om al die skuiwe te onthou.

Ons is daarop gemik om die spel te geniet en te ontwikkel, nie om ‘n wenner aan te kondig nie.  Ons speel weekliks wedstryde, wat groot genot en soms frustrasie veroorsaak, maar as die tyd verby is, het elkeen ‘n glimlag op die gesig.  Skaak is pret, want hier is almal wenners.  Ons afsluiting by REMAX in Losberglaan was ‘n hoogtepunt – dit is groot pret om met die GROOT skaakstukke in die natuur te speel.  Dit is nog lank nie SKAAKMAT vir Junior Skaak nie.

Senior Skaak

Jaarliks vermeerder die leerders wat skaak speel.  Vanjaar was daar ongeveer 50 deelnemers.  Die Engelse klasse het ook groot belangstelling getoon! Skaak vind plaas op Maandae na skool tot 15:00.  Leerders word in hulle junior jare onderrig deur Juffrou Caronet.  Hulle is dan baie slim in die seniorfase en kompeteer dan teen mekaar by Juffrou Amanda.  Dit vat baie tyd om teen elke leerder te speel, daarom is skaak in die tweede en derde kwartaal