Naskool

  • Die nasorggeld van R is maandeliks vooruitbetaalbaar.

NASORGTYE:

  • 13:00 – 17:00  Gedurende die skoolkwartaal
  • 07:00 – 17:00  Gedurende skoolvakansie

ALGEMENE REëLS TOV DIE NASKOOL:

  • Nasorggeld is betaalbaar vir 12 maande van die jaar, met die eerste betaling op  Januarie 2020 (vir Januarie) en die laaste betaling op  Desember 2020 (vir Desember).  Fooie vir leerlinge wat die vakansie van die sentrum gebruik maak is by die maandelikse paaiement ingesluit.  Geen ekstra fooie is betaalbaar vir vakansies nie. Die nasorgsentrum sal op  Desember 2020 sluit.
  • Nasorggeld is vooruitbetaalbaar en moet voor of op die 3de van elke maand betaal word.  Sou fooie teen die 3de van die maand uitstaande wees, behou Fochie Nasorgsentrum die reg voor om u kind/ers toegang tot die skool te weier, tot en met die betaling van alle uitstaande gelde.  Fochie Nasorgsentrum behou die reg voor om u kind/ers se inskrywing, sonder benadeling van Fochie Nasorgsentrum se regte, te kanselleer, sou laat betaling van fooie gereeld voorkom.
  • Daar is geen afslag of terugbetaling as u kind/ers nie skooltoe kan kom vir ‘n paar dae nie, as gevolg van siekte of vakansie.
  • Ons nasorgfasiliteit maak voorsiening vir Pre-Gr R, Gr R, Gr 1, Gr 2, Gr 3, Gr 4 en Gr 5.
  • Ons het ‘n goedtoegeruste nasorg met uitstekende fasiliteite.
  • Hierdie fasiliteit is daar vir leerders wie se ouers half-/voldag werk.
  • Ons missie is om ‘n veilige en kindervriendelike omgewing vir u kind te skep.  Hierdie tuiste moet ‘n gelukkige, veilige “speelsentrum” vir u kind wees sodat hy/sy na die harde “arbeid” van die dag op ‘n gesonde en vreugdevolle wyse sy skooldag kan afsluit.
  • ‘n Ligte middagete kan daagliks voorsien word teen ‘n ekstra tarief en kan gereël word met Me. Yvonne Venter.
  • Geleentheid word geskep om huiswerk te doen tydens vasgestelde studietyd.
  • Daar is ook geleentheid om deel te neem aan buitemuurse aktiwiteite.
  • Voldoende noodhulp is beskikbaar.

INSKRYWINGSVORM 2020 – KLIK HIER