Geskiedenis van die Skool

Kort geskiedenis oor die ontstaan en ontwikkeling van Laerskool Fochville

1917 – 1939

  • Die eerste gebou is in 1917  opgerig en het bestaan uit slegs 1 klaslokaal at gebou is uit klip, klei en sandsteen.  Die gebou is deur die ouers self opgerig.  Mnr J Conradie was die eerste onderwyser en het ook as skoolhoof gedien.  Later is nog ‘n lokaal aangebou soos die leerlingtal geroei het.  Die skool het in 1992 geskuif na die hoek van Losberglaan en Kruis straat.  Mnr Conradie was ook hier die hoof en sy eggenote is as assistant aangestel.
  • In 1934 word die Rietfonteinskool na Fochville gesentraliseer.  Die oorspronklike gebou asook die windpomp wat op die terrein was word afgebreek en netso opgerig.  Mnr W.P. Scholtz aanvaar die pos as hoof op 30 Junie 1934.  Die skool begin met 81 leerlinge en 4 personeellede.
  • In 1939 word die huidige terrein waar Laerskool Fochvile tans staan deur die Fochville Gesondheidskommitee aan die TOD geskenk vir die oprigting van ‘n nuwe skool ten einde die gemeenskap se behoefte aan te spreek. ‘n Boorgat word geboor ten einde voldoende water te verskaf vir gebruik asook om diere water te gee aangesien sommige leerlinge met donkiekarre na die skool gekom het.

1940 – 1959

  • Op 28 Julie  1949 aanvaar mnr FC Clase die pos as hoof en hy dien in die posisie tot 2 Julie 1964.  Op 22 September 1945 besoek Generaal Pienaar, die Administrateur van Transvaal, die skool. Vertoë word aan hom gerig vir die oprigting van ‘n nuwe skoolgebou om aan die toenemende aanvraag te voldoen.  Op 13 September 1964 staan die TOD die versoek toe en stel die Beheerliggaam in kennis dat ‘n nuwe skoolgebou ten bedrae van R 30 000 opgerig sal word.
  • Op 26 Augustus 1949 vind die hoeksteenlegging van die nuwe skoolgebou plaas.  Dit word waargeneem deur mnr. W.T Hurter, Inspekteur van Onderwys.  Die amptelike ingebruikneming van die skoolgebou word waargeneem deur mnr. FJH Otten, waarnemende Direkteur van Onderwys op 17 Januarie 1950.

1960 – 1979

  • Sedert 1961 het Fochville vinnig begin uitbrei a.g.v. die besluit van Western Deep Levels om woonhuise vir hul werknemers in Fochville op te rig.  Op 21 April 1965 word 3 nuwe lokale in gebruik geneem.  Met die sluiting van die skool op 2 Julie 1965 word daar afskeid geneem van mnr. FC Clase wat hoof was sedert 1949.
  • Die skool heropen vir die derde kwartaal met 572 leeerlinge en 19 personeel.  By die geleentheid word mnr. SS Barnard as hoof verwelkom.  Laerskool Fochville beleef op 7 November 1969 ‘n geskiedkundige geleentheid met die amptelike in gebruikneming van die skoolsaal.  By die geleentheid is die operette, “Die towenaar van Drakenstein” opgevoer.
  • Mnr SS Barnard aanvaar in 1971 ‘n lektorpos aan die PU vir CHO.  Die leeringtal staan toe op 780 leerlinge en 26 personeellede.  In Januarie 1971 word mnr LEL Mussman as hoof verwelkom met ‘n leerlingtal van 839 en 24 personeellede.  Op 12 Januarie 1973 bereik die skool ‘n leerlingtal van presies 1000 leerlinge.

1980-2001

  • Op 4 Desember 1985 word daar afskeid geneem van 15 personeellede wat oorgeplaas word na na Laerskool Losberg.  In 1989 word die administratiewe gebou verander soos dit tans is.  Mnr HB Groenewald word in 1994 aangestel as hoof.
  • Laerskool Fochville  se leuse is “GROEI EN BLOEI”. Die Gr 7 leerlinge skenk die hek in Vyfde straat in 1993 en in 1996 die hek in Losberglaan.  Die nuwe Snoepie met onderdak parkering vir die bus, kombi en bakkie asook die onthaallokaal word in 1997 gebou.  Op 21 Julie 1998 word ‘n goed toegeruste Rekenaarsentrum met 40 rekenaars in gebruik geneem.  In 1999 word die voorportaal opgegradeer tot die huidige stand.  Die muur in Sewende straat en die nuwe hek word voltooi deur die Gr 7 leerlinge van 2001.  In dieselfde jaar word die nuwe pawiljoen opgerig

2002-2016

  • Mnr HB Groenewald bedank in 2004 uit die onderwys en word lid van die parlement.  Mnr PJ Pieters neem as hoof  waar in sy plek. Op 5 Mei 2005 word mnr JB Habig as hoof aangestel en hy is tans in die pos.
  • Deur voortgesette ondersteuning van die ouers en gemeenskap is daar voortdurende ontwikkeling aan Laerskool Fochville.  In lyn met langtermyn doelwitte gestel deur die Onderwys Department word Fochie Kleuterland in 2005 deur die Minister van Onderwys, Dr Kader Asmal geopen.  In ag genome dat Gr R eers in 2010 by skole geïmplimenteer sou word is dit ‘n duidelike teken van die visie van die Hoof en Beheerliggaam.  Tans is daar 154 leerlinge vanaf Pre Gr R tot Gr R aan Fochie Kleuterland.  As gevolg van ‘n toenemende aanvraag is 2 addisionele klasse gebou.  Die eerste klas in 2012 en die daaropvolgende klas in 2014.  Die eerste 2 weervaste netbalbane word in 2009 ingewy en in 2015 die derde.
  • Tans spog Laerskool Fochville met 5 weervaste netbalbane.  In 2010 word die rekenaar sentrum opgegradeer met die nuutste tegnologie.  Die rekenaarsentrum word deurlopend opgegradeer ten einde ons leerlinge die bes moontlike blootstelling te gee en hulle  hulle voor te berei vir die Hoërskool en die wêreld van tegnolgie daarbuite. In 2010 word daar ‘n nuwe heining opgerigom ons leerlinge en terrein beter te beveilig. In In 2014 word elke klas toegerus met interaktiewe borde en personeel word opgelei.
  • So word gepoog om die leerposes in die klasse met leersaam te maak en voortdurend kinders se belangstelling te prikkel.  In 2016 word die gebruik van tablette geïmplimenteer. In die jaar word die gebruik van kameras in klasse in gebruik geneem ten einde leerlinge se veiligheid te verbeter.

Tans is daar 930 leerlinge vanaf Pr Gr R tot Gr 7 in die skool met 44 personeel, 6 terreinwerkers en 5 administratiewe dames.  Saam stap die personeel, ouers en kinders met verwgating die toekoms binne en saam werk ons hard om aan ons kinders die bes moontlike geleentheid te bied om aan hulle toekoms te bou.