FOCHIE KLEUTERLAND

 

Welpie rugby

Ons het die seisoen begin met ‘n handjievol Gr.R manne wat gretig en met groot afwagting die seisoen afgeskop het. Die nodige vaardighede is vir hulle aangeleer. Na elke wedstryd het die “Springbokkies” as wenners uit die stryd getree met Mnr. Jannie Schutte aan die stuur. Dankie aan al die ouers wat hulle kinders langs die rugbyveld ondersteun het asook aan die Pappas wat gehelp het met die afrigting.

Mini – hokkie      

2018 se Gr.R dogters  is voorwaar vaardig met ‘n hokkiestok en ‘n bal. Elke nuwe oefening het hulle vinnig aangeleer en hul het dit baie geniet. Dit was wel ‘n uitdaging om die bal raak te slaan, maar met ‘n glimlag op die mond het hul dit na ‘n paar probeerslae bemeester. Ons het op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n  hokkiewedstryd. O Aarde was dit nou vir jou ‘n wedstryd!!   “ HOKKIE IS PRET”

Mini – Krieket

Die Gr.R seuns het geesdriftig deelgeneem aan mini – krieket onder leiding van Juf. Karlien en Juf Linda. Hulle het geboul, gekolf en veldwerk gedoen en selfs in die “nette” geoefen.  Geen “bottervingers” word hier toegelaat nie en hulle moes balle vang vir die vale! Dit was groot pret en die toekoms lyk belowend vir ons jong krieketspelers. “Dankie manne!”

Fochie-Kleuterland 0/6 mini-netbal

Ons netbaldames het weer die jaar geskitter op die netbalbane. Saterdae-oggende was koud en winderig maar die netbaldames het met elke wedstryd die baan warm gespeel. Met vaardighede wat week na week bemeester word en selfvertroue wat gebou word het die 0/6 “girls” ons skool se naam hoog gehou. Geluk dames julle het ons trots gemaak, ware wenners! Netbal Groete  ~ Juff. Annalize en Elmarie.

Lollipop netbal

Dis waar die liefde vir netbal begin. Ja julle lees reg. By Lollipop netball. Elke liewe Gr.R dogtertjies het hieraan deelgeneem. Balvaardigheid, voetwerk, verdediging en groepwerk is lekker en speel-speel aangeleer. Die groep dogtertjies sou dit elke dag wou doen, maar Karlien, Megan en Bianca sou nie die pas kon volhou nie. Dus het hulle twee keer ‘n week gedoen. Ons sluit af met ‘n “regte” Lollipop wedstryd. Die ouers kom ondersteun die dogtertjies en deel in hulle pret. As die Here wil maak ons volgende jaar verseker  weer so.

Lollipop Groete en baie liefde