DIE BORRELBEKKIES

`n Besonderse 2018 laat die Borrelbekkies van vreugde borrel!

Soos elke jaar is die  optrede  saam  die  Noordwes- Kinderkoor  `n  groot hoogtepunt op die kalender.   Ons tema  vir  die  jaar  was  Pret  in  die Skepping.   Ons   sing  van  Die  Duisendpoot,  Hoenders,  Paddakonsert  en   Son  Maan   en  Sterre.    Tydens  die  Pinkster  optredes  by  die AGS- en  NG  Noord  Gemeente loof die Borrelbekkies  ons   Hemelse   Vader   met   hulle   mooi  stemme.   Hulle  sing  `n   Gewyde medley  en  Son, Maan en Sterre.

Ons borrel  oor  van  vreugde  nadat  ons 92% en die medalje by vanjaar se Kunsfees verower het.    Dit is `n vreugdevolle oggend en die Borrelbekkies is baie opgewonde, want vir die bejaardes in die Dienssentrum is dit elke jaar `n groot vreugde wanneer ons vir hulle sing. Ons bekoor hulle met ons stemme deur die Pret in die Skepping liedjies en die liedjies van Sing in Harmonie vir hulle te sing.