CANTERè SANGGROEP

Juf. Marteni, Susan en Adele het die dapper stap geneem om ons in te skryf vir die kykNET koorkompetisie, SING IN HARMONIE!!

Daar het hierdie jaar 180 kore landwyd ingeskryf waarvan ons in die Informele Seniorkoor-afdeling  (buite Gauteng) deelgeneem    het.

In    hierdie    afdeling   was    daar    ongeveer   45   kore    waarteen    ons    moes  kompeteer!!

Baie  harde  oefening  was  ons  voorland en daarom het ons sommer in Januarie al begin.  KykNET het ons  die 19de April  besoek  om  die  insetselopnames  te doen waar kinders en afrigters ‘n geleentheid kry om iets oor die koor en ons skool vir die land te vertel.   Die hele skool  is buite afgeneem met ‘n “drone” waar almal hulle ondersteuning vir Cantare  gewys het.

Op kort kennisgewing is ons gevra om die gasheerskool te wees vir die episode-opnames en op 26 Mei het ons dan sommer by ons eie skool meegeding vir 'n plek in die finaal.

Wat ‘n verrassing  om  as wenners  aangewys te word!!!  Die beoordeelaars was regtig beïndruk met hoe mooi ons sing en  genoem dat ons dit nog ver sou bring.  Hierdie episode is op 19 Augustus uitgesaai en kon ons Fochville en ons skool se  naam   hoog hou!

Buiten  hierdie  kompetisie  moes  ons  ook  nog  voorberei  vir  ons optredes tydens Pinkster en Allegrezza waar ons jaarliks  saam  met  die  Noordwes-Kinderkoor optree.   Dit  was  werklik ‘n besige 2de kwartaal maar almal het hard gewerk  en  elke  optrede  was  ‘n  sukses.   Nog harde werk en oefening het ons ook as wenners by die Carletonville kunsfees    laat    wegstap!

23 September   het  aangebreek  en ons is na SILVERSTAR-Casino vir die finaal van SING IN HARMONIE!!  In die DOME het al die mense, kameras, beligting, mikrofone en musiek groot opgewondenheid veroorsaak, maar tog ook aan ons senuwees geknaag!!   Dit was nogal oorweldigend om voor 4000 mense op te tree en mee te ding teen skole van oor die hele land wat regtig baie mooi sing.

Aan die einde van die dag is ons met die derde plek en dankbare  harte  huis toe!  Dit   was   ‘n   groot voorreg  en  ‘n  belewenis wat    niemand    gou    sal vergeet nie!

Dankie CANTARE vir al julle harde werk!!   Ons sien  uit  na  wat volgende jaar  gaan  oplewer!!

~ Afrigters