ATLETIEK

Met   elke jaar se  harde  werk  en  voorbereiding  kan ons sien hoe ons  skool se atlete hul beste verbeter.  Die atletiek het ‘n goeie seisoen gehad  met  die  byeenkomste  waaraan  ons  in  die  begin van die jaar deelgeneem het.  Elke jaar skuur ons skouers met nuwe skole en bou nuwe bande.  Na die huissport het ons teen skole soos  Laerskool Krugersdorp-Noord,  Laerskool Dagbreek,   Laerskool  Randfontein  en selfs  aan n massa byeenkoms  in Potchefstroom  deelgeneem  en  ander  skole   het dadelik agtergekom Laerskool Fochville staan vir niemand terug nie.   Dit was  baie  mooi  byeenkomste  en  ons atlete  het  hul  puik  van hul taak gekwyt   en ons skool se naam hoog gehou

In   Augustus  het  kondisionering  begin  vir  atlete wat weer aan die Noordwes kampioenskappe in Potchefstroom  gaan deelneem.

Van ons  afrigters  het  ook  gaan  deelgeneem   aan  ‘n afrigtingskursus  waar  sommige tot  hul  vlak 2 Afrigting by ASA ontvang het.

Kondisionering  en  tegniek oefening  is belangrike voorbereiding vir as die atlete reg wil wees vir die volgende atletiek- seisoen ook   vir  die   ASA  Byeenkomste.   Dis lekker  om  te sien  hoe   atlete  die  vrugte van  hul   harde   werk   pluk.

Ons atlete het net so goed gevorder die vorige seisoen.

Atlete  moes  kwalifiseer  om  aan die  Noordwes  Kampioenskappe  deel  te  neem  wat plaasgevind  het  in  November 2017 .   Die  SA  Byeenkoms het  begin  Desember  plaasgevind  waar   8   van  ons  atlete  deurgedring het en ons skool se naam hoog gehou het.

Ons  is  opgewonde   vir  die  atletiek  seisoen ...      soos  mnr.  Thabo  sal  sê   bly  in  jou  baan , en geniet elke oomblik.

ONTHOU: THE TROPHY IS EARNED IN THE HOURS THAT NO ONE IS WATCHING 

~ Groete – atletiek organiseerders